Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Die Handelinge van die Apostels 8

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28]

8:1 En Saulus het ook sy vermoording goedgekeur. En daar het in diť tyd 'n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van Judťa en SamarŪa, behalwe die apostels.

8:2 En godvresende manne het Stťfanus begrawe en 'n groot rou oor hom bedrywe.

8:3 Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer.

8:4 En die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.

8:5 En Filippus het afgekom in 'n stad van SamarŪa en Christus aan hulle verkondig.

8:6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.

8:7 Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met 'n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.

8:8 En daar was groot blydskap in daardie stad.

8:9 En 'n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van SamarŪa verbyster deur te sÍ dat hy iets besonders was.

8:10 En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesÍ: Hy is die groot krag van God.

8:11 En hulle het hom aangehang, omdat hy hulle 'n geruime tyd deur sy towerye verbyster het.

8:12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.

8:13 En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.

8:14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat SamarŪa die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.

8:15 Hķlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,

8:16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.

8:17 Hulle het hul toe die hande opgelÍ, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

8:18 En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied

8:19 en gesÍ: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplÍ, die Heilige Gees kan ontvang.

8:20 Maar Petrus sÍ vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.

8:21 Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie.

8:22 Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.

8:23 Want ek sien dat jy in 'n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is.

8:24 Maar Simon het geantwoord en gesÍ: Bid julle tot die Here vir my, sodat niks van wat julle gesÍ het, oor my mag kom nie.

8:25 Nadat hulle dan kragtig getuig en die woord van die Here gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die evangelie aan baie dorpe van die Samaritane verkondig.

8:26 En 'n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesÍ: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is 'n eensame pad.

8:27 Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was 'n man van EthiůpiŽ, 'n hofdienaar, 'n staatsamptenaar van Kandacť, die koningin van die EthiůpiŽrs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid.

8:28 En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees.

8:29 Toe sÍ die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.

8:30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sÍ: Verstaan u wel wat u lees?

8:31 En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit.

8:32 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dŪt: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.

8:33 In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.

8:34 En die hofdienaar antwoord en sÍ vir Filippus: Ek bid u, van wie sÍ die profeet dit, van homself of van iemand anders?

8:35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.

8:36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sÍ vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?

8:37 Toe sÍ Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sÍ: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.

8:38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.

8:39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.

8:40 Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesarťa gekom het.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International