Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Die Evangelie volgens Johannes 17

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21]

17:1 Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesę: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik--

17:2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.

17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

17:4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.

17:5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die węreld was.

17:6 Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die węreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.

17:7 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.

17:8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.

17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die węreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.

17:10 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.

17:11 En Ek is nie meer in die węreld nie, maar hulle is in die węreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.

17:12 Toe Ek saam met hulle in die węreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.

17:13 Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die węreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hę.

17:14 Ek het hulle u woord gegee, en die węreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die węreld is nie, net soos Ek nie van die węreld is nie.

17:15 Ek bid nie dat U hulle uit die węreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.

17:16 Hulle is nie van die węreld nie, net soos Ek nie van die węreld is nie.

17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

17:18 Soos U my gestuur het in die węreld, het Ek ook hulle in die węreld gestuur.

17:19 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

17:20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo--

17:21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die węreld kan glo dat U My gestuur het.

17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

17:23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die węreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

17:24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die węreld.

17:25 Regverdige Vader, al het die węreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.

17:26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ™

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International