Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Die Evangelie volgens Johannes 15

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21]

15:1 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.

15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, di maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

15:3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.

15:4 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

15:6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil h, en julle sal dit verkry.

15:8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

15:9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.

15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

15:11 Dit het Ek vir julle ges, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.

15:12 Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefh net soos Ek julle liefgehad het.

15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

15:14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

15:15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.

15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

15:17 Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefh.

15:18 As die wreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.

15:19 As julle van die wreld was, sou die wreld sy eiendom liefh. Maar omdat julle nie van die wreld is nie, maar Ek julle uit die wreld uitverkies het, daarom haat die wreld julle.

15:20 Onthou die woord wat Ek vir julle ges het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.

15:21 Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.

15:22 As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde h nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.

15:23 Wie my haat, haat ook my Vader.

15:24 As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde h nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.

15:25 Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.

15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

15:27 En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International