Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Die Evangelie volgens Johannes 13

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21]

13:1 En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wÍreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wÍreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.

13:2 En gedurende die maaltyd--die duiwel het dit al in die hart van Judas IskŠriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai--

13:3 het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan,

13:4 van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en 'n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.

13:5 Daarna het Hy water in 'n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.

13:6 Hy kom toe by Simon Petrus en diť sÍ vir Hom: Here, gaan U my voete was?

13:7 Jesus antwoord en sÍ vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.

13:8 Petrus sÍ vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.

13:9 Simon Petrus sÍ vir Hom: Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof.

13:10 Jesus sÍ vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.

13:11 Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesÍ: Julle is nie almal rein nie.

13:12 Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sÍ vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het?

13:13 Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.

13:14 As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.

13:15 Want Ek het julle 'n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.

13:16 Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir julle, 'n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en 'n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie.

13:17 As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.

13:18 Ek spreek nie van julle almal nie--Ek weet wie Ek uitverkies het--maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.

13:19 Van nou af sÍ Ek dit aan julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit Ek is.

13:20 Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

13:21 Toe Jesus dit gesÍ het, het Hy in sy gees ontsteld geword en getuig en gesÍ: Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir julle, een van julle sal My verraai.

13:22 En die dissipels het na mekaar begin kyk, in twyfel omtrent die een van wie Hy dit sÍ.

13:23 En een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelÍ.

13:24 Simon Petrus knik toe vir hom dat hy moet vra wie dit kon wees van wie Hy spreek.

13:25 En hy val op die bors van Jesus en sÍ vir Hom: Here, wie is dit?

13:26 Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas IskŠriot, die seun van Simon.

13:27 En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sÍ vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.

13:28 Maar waarom Hy dit vir hom gesÍ het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie.

13:29 Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sÍ: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.

13:30 Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.

13:31 En toe hy buite was, sÍ Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.

13:32 As God in Hom verheerlik is, sal God Hom ook in Homself verheerlik en Hy sal Hom dadelik verheerlik.

13:33 My kinders, nog 'n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode gesÍ het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie--so sÍ Ek nou ook vir julle.

13:34 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhÍ; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhÍ.

13:35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

13:36 Simon Petrus sÍ vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy My volg.

13:37 Petrus sÍ vir Hom: Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee.

13:38 Jesus antwoord hom: Sal jy jou lewe vir My gee? Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir jou, die haan sal sekerlik nie kraai voordat jy My drie maal verloŽn het nie.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International