Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Die Evangelie volgens Johannes 1

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21]

1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

1:2 Hy was in die begin by God.

1:3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

1:4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

1:5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

1:6 Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.

1:7 Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

1:8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wreld.

1:10 Hy was in die wreld, en die wreld het deur Hom ontstaan, en die wreld het Hom nie geken nie.

1:11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

1:13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.

1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon--en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom--vol van genade en waarheid.

1:15 Johannes getuig van Hom en roep en s: Dit was Hy van wie ek ges het: Hy wat n my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.

1:16 En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.

1:17 Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

1:18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, di het Hom verklaar.

1:19 En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?

1:20 En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.

1:21 Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Ela? En hy s: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.

1:22 Toe s hulle vir hom: Wie is u? --dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat s u van uself?

1:23 Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, ges het.

1:24 En die wat gestuur was, was uit die Farisers.

1:25 En hulle vra hom en s vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Ela of die profeet is nie?

1:26 Johannes antwoord hulle en s: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie--

1:27 dit is Hy wat n my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.

1:28 Dit het gebeur in Betbara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.

1:29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy s: Dr is die Lam van God wat die sonde van die wreld wegneem!

1:30 Dit is Hy van wie ek ges het: N my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.

1:31 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.

1:32 En Johannes het getuig en ges: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.

1:33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my ges: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

1:34 En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.

1:35 Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;

1:36 en toe hy Jesus sien wandel, s hy: Dr is die Lam van God!

1:37 En die twee dissipels het hom dit hoor s en Jesus gevolg.

1:38 En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, s Hy vir hulle: (1:39) Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi--dit wil s, as dit vertaal word, Meester--waar is U tuis?

1:39 Hy s vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en di dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.

1:40 Andras, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.

1:41 Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom ges: Ons het die Messas gevind--dit is, as dit vertaal word, die Christus.

1:42 En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en s: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Cfas, wat vertaal word Petrus.

1:43 Die volgende dag wou Jesus na Galila vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom ges: Volg My.

1:44 En Filippus was van Betsida, uit die stad van Andras en Petrus.

1:45 Filippus het Natnael gekry en vir hom ges: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Nsaret.

1:46 En Natnael s vir hom: Kan daar uit Nsaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.

1:47 Daarop sien Jesus Natnael na Hom toe kom en s van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.

1:48 Natnael s vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en s vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.

1:49 Natnael antwoord en s vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!

1:50 Jesus antwoord en s vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou ges het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.

1:51 En Hy s vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International