Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Die Evangelie volgens Lukas 23

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24]

23:1 En die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.

23:2 En hulle het Hom begin beskuldig en sÍ: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sÍ dat Hy self Christus, die Koning, is.

23:3 Toe vra Pilatus Hom en sÍ: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sÍ: U sÍ dit.

23:4 En Pilatus sÍ vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.

23:5 Maar hulle het aangehou en gesÍ: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judťa deur, vandat Hy in Galilťa begin het tot hiertoe.

23:6 En toe Pilatus van Galilťa hoor, vra hy of die man 'n GalilťŽr is.

23:7 En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.

23:8 En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.

23:9 En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.

23:10 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.

23:11 En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom 'n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.

23:12 En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.

23:13 Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sÍ vir hulle:

23:14 Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;

23:15 ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.

23:16 Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.

23:17 En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.

23:18 Maar die hele menigte skreeu en sÍ: Weg met Hom, en laat vir ons BarŠbbas los!

23:19 Diť was oor 'n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor 'n moord in die gevangenis gewerp.

23:20 Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat;

23:21 maar hulle het aangehou roep en sÍ: Kruisig, kruisig Hom!

23:22 En vir die derde keer sÍ hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.

23:23 Maar hulle het aangehou met 'n harde geroep en geŽis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en diť van die owerpriesters het die oorhand gekry.

23:24 Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.

23:25 En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geŽis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.

23:26 En toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Cirťne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.

23:27 En 'n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.

23:28 Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesÍ: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;

23:29 want daar kom dae waarin hulle sal sÍ: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.

23:30 Dan sal hulle vir die berge begin sÍ: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!

23:31 Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droŽ gebeur!

23:32 En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.

23:33 En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter-- en een aan die linkerkant.

23:34 En Jesus sÍ: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.

23:35 En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesÍ: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.

23:36 En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring

23:37 en gesÍ: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.

23:38 En daar was ook 'n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.

23:39 En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesÍ: As U die Christus is, verlos Uself en ons.

23:40 Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sÍ: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? --

23:41 ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.

23:42 En hy sÍ vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.

23:43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sÍ vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

23:44 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;

23:45 en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.

23:46 En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesÍ: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesÍ het, blaas Hy die laaste asem uit.

23:47 En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesÍ: Waarlik, hierdie man was regverdig.

23:48 En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.

23:49 En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galilťa gevolg het, het hierdie dinge gesien.

23:50 En daar was 'n man met die naam van Josef, 'n lid van die Raad, 'n goeie en regverdige man

23:51 --hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie--van Arimathťa, 'n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.

23:52 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra

23:53 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelÍ in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelÍ het nie.

23:54 En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.

23:55 En die vroue wat saam met Hom van Galilťa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelÍ was.

23:56 Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International