Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Die Evangelie volgens Markus 9

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]

9:1 En Hy s vir hulle: Voorwaar Ek s vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God met krag sien kom het nie.

9:2 En n ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op 'n ho berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander,

9:3 en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie.

9:4 En daar het aan hulle verskyn Ela saam met Moses, en hulle was in gesprek met Jesus.

9:5 Toe spreek Petrus en s vir Jesus: Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons dan drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en vir Ela een.

9:6 Want hy het nie geweet wat om te s nie, want hulle was heeltemal verskrik.

9:7 En daar kom 'n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom 'n stem wat s: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!

9:8 En meteens kyk hulle rond en sien niemand meer by hulle nie, behalwe Jesus alleen.

9:9 En onderwyl hulle van die berg afklim, gee Hy aan hulle bevel om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.

9:10 En hulle het die woord vir hulleself gehou en onder mekaar gevra wat dit beteken om uit die dode op te staan.

9:11 En hulle vra Hom en s: Waarom s die skrifgeleerdes dat Ela eers moet kom?

9:12 Toe antwoord Hy en s vir hulle: Dis waar, Ela kom eers om alles te herstel; en tog, hoe staan daar dan van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verag word?

9:13 Maar Ek s vir julle dat Ela al gekom het, en hulle het aan hom gedoen alles wat hulle wou, soos van hom geskrywe is.

9:14 En toe Hy by die dissipels kom, sien Hy 'n groot menigte om hulle, en skrifgeleerdes wat met hulle redetwis.

9:15 En dadelik toe die hele skare Hom sien, was hulle baie verbaas en het na Hom gehardloop en Hom gegroet.

9:16 Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?

9:17 En een uit die skare antwoord en s: Meester, ek het my seun wat 'n stomme gees het, na U gebring;

9:18 en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie.

9:19 Toe antwoord Hy hom en s: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe.

9:20 En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.

9:21 Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy s: Van sy kindsdae af;

9:22 en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.

9:23 En Jesus s vir hom: Wat dit betref--as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

9:24 En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en s: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!

9:25 En toe Jesus sien dat 'n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom ges: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.

9:26 En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos 'n dooie geword, sodat baie ges het: Hy is dood.

9:27 Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.

9:28 En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie?

9:29 En Hy s vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.

9:30 En hulle het daarvandaan weggegaan en verbygetrek deur Galila; en Hy wou nie h dat iemand dit moes weet nie.

9:31 Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle ges: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan.

9:32 En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.

9:33 En Hy het in Kaprnam gekom; en toe Hy in die huis was, vra Hy hulle: Wat het julle op die pad met mekaar geredeneer?

9:34 Maar hulle het stilgebly; want hulle het op die pad met mekaar gepraat oor wie die grootste is.

9:35 En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en s vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

9:36 En Hy neem 'n kindjie en laat hom in hul midde staan en slaan sy arms om hom en s vir hulle:

9:37 Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My. En elkeen wat My ontvang, ontvang nie My nie, maar Hom wat My gestuur het.

9:38 Toe antwoord Johannes Hom en s: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.

9:39 Maar Jesus s: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat 'n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie;

9:40 want wie nie teen ons is nie, is vir ons.

9:41 Want elkeen wat vir julle in my Naam 'n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek s vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

9:42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as 'n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.

9:43 En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te h en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,

9:44 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

9:45 En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te h en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,

9:46 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

9:47 En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee o te h en in die helse vuur gewerp te word,

9:48 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

9:49 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.

9:50 Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle h en vrede hou met mekaar.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International