Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Die Evangelie volgens Markus 2

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]

2:1 En nŠ 'n paar dae het Hy weer in KapťrnaŁm gekom, en die mense het gehoor dat Hy in die huis was.

2:2 En dadelik het baie saamgekom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie; en Hy was besig om aan hulle die woord te verkondig.

2:3 En daar kom mense na Hom met 'n verlamde man wat deur vier gedra word.

2:4 En toe hulle vanweŽ die skare nie naby Hom kon kom nie, maak hulle die dak oop waar Hy was, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die bed waar die verlamde op lÍ, laat afsak.

2:5 En toe Jesus hulle geloof sien, sÍ Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!

2:6 En sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en in hulle harte geredeneer:

2:7 Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?

2:8 En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy sÍ vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?

2:9 Wat is makliker, om vir die verlamde te sÍ: Die sondes is jou vergewe! of om te sÍ: Staan op en neem jou bed op en loop?

2:10 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe--sÍ Hy vir die verlamde man:

2:11 Ek sÍ vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

2:12 En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oŽ van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sÍ: So iets het ons nog nooit gesien nie!

2:13 En Hy het weer uitgegaan langs die see, en die hele skare het na Hom gekom, en Hy het hulle geleer.

2:14 En toe Hy verbygaan, sien Hy Levi, die seun van AlfťŁs, by die tolhuis sit en sÍ vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.

2:15 En terwyl Hy in sy huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel; want daar was baie, en hulle het Hom gevolg.

2:16 En toe die skrifgeleerdes en die FariseŽrs Hom saam met die tollenaars en sondaars sien eet, sÍ hulle vir sy dissipels: Wat is dit dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet en drink?

2:17 En toe Jesus dit hoor, sÍ Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

2:18 En die dissipels van Johannes en diť van die FariseŽrs was besig om te vas. Toe kom hulle en sÍ vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en diť van die FariseŽrs, maar u dissipels vas nie?

2:19 En Jesus sÍ vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.

2:20 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.

2:21 En niemand werk 'n nuwe stuk lap op 'n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom 'n erger skeur.

2:22 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word.

2:23 En terwyl Hy op die sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels al gaande are begin pluk.

2:24 Toe sÍ die FariseŽrs vir Hom: Kyk, waarom doen hulle op die sabbat wat nie geoorloof is nie?

2:25 En Hy sÍ vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie--toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het--

2:26 hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd van Abjatar, die hoŽpriester, en die toonbrode geŽet het wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het?

2:27 En Hy sÍ vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.

2:28 Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International