Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Die Evangelie volgens Mattheus 9

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28]

9:1 En nadat Hy in die skuit geklim het, het Hy oorgevaar en in sy eie stad gekom.

9:2 En hulle het 'n verlamde man wat op 'n bed lÍ, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sÍ Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.

9:3 En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesÍ: Hierdie man praat godslasterlik.

9:4 En toe Jesus merk wat hulle gedagtes was, sÍ Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?

9:5 Want wat is makliker, om te sÍ: Die sondes is jou vergewe! of om te sÍ: Staan op en loop?

9:6 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe--toe sÍ Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

9:7 En hy het opgestaan en huis toe gegaan.

9:8 En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so 'n mag aan die mense gegee het.

9:9 En toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy 'n man met die naam van MatthťŁs by die tolhuis sit; en Hy sÍ vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.

9:10 En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan.

9:11 En toe die FariseŽrs dit sien, sÍ hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars?

9:12 Maar toe Jesus dit hoor, sÍ Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.

9:13 Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hÍ en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

9:14 Daarna kom die dissipels van Johannes na Hom en sÍ: Waarom vas ons en die FariseŽrs dikwels, maar u dissipels vas nie?

9:15 En Jesus sÍ vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.

9:16 En niemand sit 'n nuwe stuk lap op 'n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom 'n erger skeur.

9:17 'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.

9:18 Terwyl Hy vir hulle dit sÍ, kom daar 'n sekere owerste en val voor Hom neer en sÍ: My dogter het nou net gesterwe, maar kom en lÍ u hand op haar, en sy sal lewe.

9:19 En Jesus het opgestaan en hom gevolg, en ook sy dissipels.

9:20 En daar het 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter gekom en die soom van sy kleed aangeraak.

9:21 Want sy het by haarself gesÍ: As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word.

9:22 En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesÍ: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af.

9:23 En toe Jesus in die huis van die owerste kom en die fluitspelers sien, en die skare wat te kere gaan,

9:24 sÍ Hy vir hulle: Gaan weg, want die dogtertjie is nie dood nie, maar sy slaap. En hulle het Hom uitgelag.

9:25 En nadat die skare uitgedryf was, het Hy ingegaan en haar hand gegryp; en die dogtertjie het opgestaan.

9:26 En die gerug hiervan het deur daardie hele land versprei.

9:27 En toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg, terwyl hulle uitroep en sÍ: Wees ons barmhartig, Seun van Dawid!

9:28 En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sÍ vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.

9:29 Toe raak Hy hulle oŽ aan en sÍ: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

9:30 En hulle oŽ het oopgegaan. En Jesus het hulle skerp aangespreek en gesÍ: Pas op, laat niemand dit te wete kom nie.

9:31 Maar hulle het heengegaan en Hom in daardie hele land bekend gemaak.

9:32 En terwyl hulle weggaan, bring die mense 'n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe.

9:33 En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesÍ: So iets is nog nooit in Israel gesien nie!

9:34 Maar die FariseŽrs het gesÍ: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.

9:35 En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

9:36 En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.

9:37 Toe sÍ Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.

9:38 Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International