Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Jeremia 43

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52]

43:1 En toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van die HERE hulle God, waarmee die HERE hulle God hom na hulle gestuur het, naamlik al hierdie woorde,

43:2 het Asárja, die seun van Hosája, en Jóhanan, die seun van Karéag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; die HERE onse God het u nie gestuur om te sê: Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.

43:3 Maar Barug, die seun van Nería, hits u teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, dat hulle ons kan doodmaak en ons in ballingskap na Babel kan wegvoer.

43:4 So het Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van die HERE om in die land Juda te bly nie.

43:5 Maar Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land Juda te woon,

43:6 die manne en die vroue en die kinders en die dogters van die koning en al die mense wat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, by Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, laat staan het--ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Nería--

43:7 en hulle het na Egipteland getrek; want hulle het nie geluister na die stem van die HERE nie. En hulle het tot by Tagpánhes gekom.

43:8 Toe het die woord van die HERE tot Jeremia gekom in Tagpánhes en gesê:

43:9 Neem groot klippe in jou hand en begrawe hulle in klei in die vierkant wat by die ingang van Farao se paleis in Tagpánhes is, voor die oë van die Joodse manne;

43:10 en sê vir hulle: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laat my kneg Nebukadrésar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan.

43:11 En hy sal kom en Egipteland verower: wie vir die pes bestem is, vir die pes; en wie vir die gevangenskap, vir die gevangenskap; en wie vir die swaard, vir die swaard!

43:12 En Ek sal 'n vuur aansteek in die huise van die gode van Egipte; en hy sal hulle verbrand en hulle as gevangenes wegvoer; en hy sal hom wikkel in die land van Egipte soos 'n herder hom wikkel in sy kleed, en hy sal daarvandaan in vrede wegtrek.

43:13 En hy sal die klippilare van Bet-Semes wat in Egipteland is, verbreek en die huise van die gode van Egipte met vuur verbrand.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ™

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International