Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Spreuke van Salomo 29

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

29:1 'n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.

29:2 As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.

29:3 'n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.

29:4 'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit.

29:5 'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe.

29:6 In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.

29:7 Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.

29:8 Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.

29:9 Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.

29:10 Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.

29:11 'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring.

29:12 'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.

29:13 Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die HERE verlig altwee se oŽ.

29:14 'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.

29:15 Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.

29:16 As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.

29:17 Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.

29:18 As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.

29:19 Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.

29:20 Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.

29:21 As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.

29:22 'n OpvlieŽnde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.

29:23 Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.

29:24 Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.

29:25 Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word.

29:26 Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE.

29:27 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International