Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Spreuke van Salomo 19

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

19:1 'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas.

19:2 Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.

19:3 'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.

19:4 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.

19:5 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.

19:6 Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende.

19:7 Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde--weg is hulle!

19:8 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

19:9 'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.

19:10 Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers!

19:11 Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe.

19:12 Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.

19:13 'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup.

19:14 Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die HERE.

19:15 Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.

19:16 Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy we nie ag nie, sal sterwe.

19:17 Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.

19:18 Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.

19:19 Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.

19:20 Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.

19:21 Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, di sal bestaan.

19:22 Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.

19:23 Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.

19:24 Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.

19:25 Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.

19:26 Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel.

19:27 Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.

19:28 'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.

19:29 Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International