Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Job 27

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

27:1 En Job het verder sy spreuk aangehef en gesÍ:

27:2 So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het--

27:3 want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus--

27:4 my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!

27:5 Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.

27:6 Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.

27:7 My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teŽstander as kwaaddoener.

27:8 Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny--as God sy siel wegneem?

27:9 Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?

27:10 Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?

27:11 Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.

27:12 Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop?

27:13 DŪt is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:

27:14 as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.

27:15 Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.

27:16 As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder--

27:17 hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.

27:18 Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak.

27:19 Ryk gaan hy lÍ, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oŽ oop en--is nie meer nie.

27:20 Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg.

27:21 Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.

27:22 En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.

27:23 Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International