Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

2 Kronieke 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

10:1 En Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.

10:2 En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor--hy was in Egipte waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het--het Jeróbeam uit Egipte teruggekom.

10:3 En hulle het gestuur en hom laat roep. Toe kom Jeróbeam met die hele Israel, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesę:

10:4 U vader het ons juk hard gemaak; maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelę het, ligter; dan sal ons u dien.

10:5 En hy sę vir hulle: Kom oor drie dae na my terug. En die volk het gegaan.

10:6 Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?

10:7 En hulle het met hom gespreek en gesę: As u vir hierdie volk goed is en hulle behaag en hulle met vriendelike woorde toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.

10:8 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het.

10:9 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesę het: Maak die juk wat u vader ons opgelę het, ligter?

10:10 En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sę: Só moet u die volk antwoord wat met u gespreek en gesę het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons--só moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.

10:11 Het my vader dan nou 'n swaar juk op julle gelaai--ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig--ék sal julle met gésels tugtig.

10:12 Toe Jeróbeam en die hele volk dan op die derde dag by Rehábeam kom soos die koning gespreek en gesę het: Kom na my terug op die derde dag--

10:13 het die koning hulle 'n harde antwoord gegee; koning Rehábeam het die raad van die oudstes in die wind geslaan

10:14 en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesę: Het my vader julle juk swaar gemaak--ék sal daar nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig--ék sal julle met gésels tugtig.

10:15 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van God, sodat die HERE sy woord sou vervul wat Hy gespreek het deur die diens van Ahía, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat.

10:16 Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesę: Watter aandeel het ons aan Dawid? En daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Elkeen na sy tente toe, Israel! Sorg vir jou eie huis, Dawid! Daarop het die hele Israel na sy tente gegaan.

10:17 Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning.

10:18 Toe stuur koning Rehábeam Hadóram wat oor die dwangarbeid was, maar die kinders van Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het, en koning Rehábeam het hom geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.

10:19 So het die Israeliete dan afvallig geword van die huis van Dawid tot vandag toe.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ™

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International