Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

2 Konings 13

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25]

13:1 In die drie en twintigste jaar van Joas, die seun van Ahásia, die koning van Juda, het Jóahas, die seun van Jehu, koning geword oor Israel in Samaría--sewentien jaar lank.

13:2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en agter die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aan geloop; hy het daar nie van afgewyk nie.

13:3 Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, sodat Hy hulle oorgegee het in die hand van Hásael, die koning van Aram, en in die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, al die dae.

13:4 Maar Jóahas het die aangesig van die HERE om genade gesmeek. Toe verhoor die HERE hom, want Hy het die verdrukking van Israel gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk.

13:5 Die HERE het aan Israel 'n verlosser gegee, sodat hulle onder die mag van Aram uitgekom het en die kinders van Israel in hul tente kon woon soos gister en eergister.

13:6 Nogtans het hulle nie afgewyk van die sondes van die huis van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel, en selfs die heilige boomstam het in Samaría bly staan.)

13:7 Voorwaar, hy het vir Jóahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tien duisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.

13:8 En die verdere geskiedenis van Jóahas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

13:9 En Jóahas het ontslaap met sy vaders en is in Samaría begrawe, en sy seun Joas het in sy plek koning geword.

13:10 In die sewe en dertigste jaar van Joas, die koning van Juda, het Joas, die seun van Jóahas, koning geword oor Israel in Samaría--sestien jaar lank.

13:11 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel.

13:12 En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy teen Amásia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

13:13 En Joas het ontslaap met sy vaders, en Jeróbeam het op sy troon gaan sit; en Joas is begrawe in Samaría by die konings van Israel.

13:14 En toe Elísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesę: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!

13:15 Daarop sę Elísa vir hom: Neem 'n boog en pyle. En hy het vir hom 'n boog en pyle geneem.

13:16 En hy sę vir die koning van Israel: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelę.

13:17 Verder sę hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sę: Skiet! En hy het geskiet. Toe sę hy: 'n Pyl van oorwinning van die HERE en 'n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek.

13:18 Verder sę hy: Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe sę hy vir die koning van Israel: Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou.

13:19 Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sę: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan.

13:20 Daarna het Elísa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar.

13:21 En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van Elísa gegooi; en toe die man met die gebeente van Elísa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.

13:22 En Hásael, die koning van Aram, het Israel verdruk al die dae van Jóahas.

13:23 Maar die HERE was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm en Hom tot hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob; en Hy wou hulle nie vernietig en tot nog toe nie van sy aangesig wegwerp nie.

13:24 En Hásael, die koning van Aram, het gesterwe; en sy seun Bénhadad het in sy plek koning geword.

13:25 En Joas, die seun van Jóahas, het weer die stede uit die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, teruggeneem wat hy aan sy vader Jóahas in die oorlog ontruk het; Joas het hom drie maal verslaan en die stede van Israel herower.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ™

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International