Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

1 Konings 21

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22]

21:1 En nŠ hierdie dinge het dŪt gebeur: Nabot, 'n JisreŽliet, het in JŪsreŽl 'n wingerd gehad, wat langs die paleis van Agab, die koning van SamarŪa, was.

21:2 En Agab het met Nabot gespreek en gesÍ: Gee my jou wingerd, dat dit my groentetuin kan word, want dit is naby, langsaan my huis; dan sal ek jou in die plek daarvan 'n wingerd gee wat beter is; of as dit goed is in jou oŽ, sal ek jou die koopprys daarvan in silwer gee.

21:3 Maar Nabot het vir Agab gesÍ: Mag die HERE my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!

21:4 Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig oor die woord wat Nabot, die JisreŽliet, met hom gespreek het, naamlik: Ek mag nie die erfdeel van my vaders aan u gee nie. En hy het op sy bed gaan lÍ en sy gesig omgedraai en geen brood geŽet nie.

21:5 Daarop kom sy vrou Isťbel by hom en sÍ vir hom: Waarom is jou gees dan so verbitterd dat jy geen brood eet nie?

21:6 En hy antwoord haar: Omdat ek met Nabot, die JisreŽliet, gespreek en aan hom gesÍ het: Gee my jou wingerd vir geld, of as jy wil, sal ek jou 'n wingerd in die plek daarvan gee--maar hy het gesÍ: Ek mag my wingerd nie aan u gee nie.

21:7 Toe sÍ sy vrou Isťbel vir hom: Oefen jy nou die koningskap oor Israel uit? Staan op, eet brood, en laat jou hart vrolik wees: ek sal jou die wingerd van Nabot, die JisreŽliet, gee.

21:8 Daarop het sy briewe in die naam van Agab geskrywe en met sy seŽl dit verseŽl en die brief gestuur aan die oudstes en die edeles wat in sy stad was, wat by Nabot gewoon het.

21:9 En in die briewe het sy dit geskrywe: Roep 'n vasdag uit, en sit Nabot vooraan onder die volk;

21:10 en sit twee manne, deugniete, teenoor hom, wat teen hom getuig en sÍ: Jy het God en die koning gevloek! Lei hom dan uit en stenig hom, dat hy sterwe.

21:11 Die manne van sy stad, die oudstes en die edeles wat in sy stad gewoon het, maak toe soos Isťbel hulle laat weet het, soos geskrywe was in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.

21:12 Hulle het 'n vasdag uitgeroep en Nabot vooraan onder die volk gesit.

21:13 Toe kom die twee manne, deugniete, en gaan sit teenoor hom; en die deugniete het teen hom, teen Nabot, voor die volk getuig en gesÍ: Nabot het God en die koning gevloek. Daarop lei hulle hom buitekant die stad uit en stenig hom, sodat hy gesterf het.

21:14 Daarna laat hulle Isťbel weet: Nabot is gestenig en is dood.

21:15 Net toe Isťbel hoor dat Nabot gestenig en dood was, sÍ Isťbel vir Agab: Staan op, neem die wingerd van Nabot, die JisreŽliet, in besit wat hy geweier het om vir geld aan jou te gee; want Nabot leef nie, maar is dood.

21:16 Net toe Agab hoor dat Nabot dood was, het Agab opgestaan om na die wingerd van Nabot, die JisreŽliet, af te gaan om dit in besit te neem.

21:17 Maar die woord van die HERE het tot ElŪa, die Tisbiet, gekom en gesÍ:

21:18 Maak jou klaar, gaan af Agab, die koning van Israel, wat in SamarŪa is, tegemoet; kyk, hy is in die wingerd van Nabot, waarheen hy afgegaan het om dit in besit te neem.

21:19 En jy moet met hom spreek en sÍ: So sÍ die HERE: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sÍ: So spreek die HERE: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek.

21:20 Daarop sÍ Agab vir ElŪa: Het jy my gekry, my vyand? En hy antwoord: Ek het u gekry, omdat u uself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oŽ van die HERE!

21:21 Kyk, Ek gaan onheil bring oor jou en jou skoon wegvee; en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.

21:22 En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jerůbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baťsa, die seun van AhŪa; weens die geterg waarmee jy My geterg het, en dat jy Israel laat sondig het.

21:23 En ook oor Isťbel het die HERE gespreek en gesÍ: Die honde sal Isťbel eet by die voorskans van JŪsreŽl.

21:24 Die een wat van Agab in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie in die veld sterwe, sal die voŽls van die hemel eet.

21:25 Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oŽ van die HERE nie, omdat sy vrou Isťbel hom verlei het.

21:26 En hy het baie afskuwelik gehandel deur agter die drekgode aan te loop net soos die Amoriete gedoen het wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.

21:27 En toe Agab hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en 'n roukleed om sy lyf gebind en gevas; hy het ook met die roukleed geslaap en stadig rondgeloop.

21:28 Toe kom die woord van die HERE tot ElŪa, die Tisbiet, en sÍ:

21:29 Het jy gesien dat Agab hom voor my aangesig verneder het? Omdat hy hom voor my aangesig verneder het, sal Ek die onheil in sy dae nie bring nie; in die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International