Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

2 Samuel 6

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24]

6:1 Daarna het Dawid weer al die uitgesoektes in Israel, dertig duisend, versamel;

6:2 en Dawid het hom klaargemaak en met al die mense opgetrek wat by hom was, van BŠšle-Juda, om die ark van God, waaroor die Naam uitgeroep is, die Naam van die HERE van die leŽrskare wat op die gťrubs troon, daarvandaan te gaan haal.

6:3 En hulle het die ark van God op 'n nuwe wa vervoer en dit uit die huis van AbinŠdab, wat op die heuwel is, gebring. Terwyl Ussa en Agjo, die seuns van AbinŠdab, die wa drywe,

6:4 met die ark van God, het Agjo voor die ark geloop.

6:5 En Dawid en die hele huis van Israel het voor die aangesig van die HERE gespeel met allerhande instrumente van sipreshout, naamlik met siters en harpe en tamboeryne, en bekkens en simbale.

6:6 En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussa sy hand uitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het gestruikel.

6:7 Daarop het die toorn van die HERE teen Ussa ontvlam, en God het hom daar getref oor diť vergryp, sodat hy daar by die ark van God gesterf het.

6:8 En Dawid het ontroerd geword, omdat die HERE 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.

6:9 En Dawid het daardie dag vir die HERE bevrees geword en gesÍ: Hoe kan die ark van die HERE na my kom?

6:10 Daarom wou Dawid nie die ark van die HERE by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het dit na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat wegdraai.

6:11 En die ark van die HERE het drie maande lank in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, en die HERE het Obed-Edom en sy hele huis geseŽn.

6:12 En toe aan koning Dawid meegedeel is: Die HERE het die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseŽn ter wille van die ark van God, het Dawid gegaan en die ark van God met vreugde uit die huis van Obed-Edom na die stad van Dawid gebring.

6:13 En toe die draers van die ark van die HERE ses treŽ geloop het, het hy 'n bees en 'n vetgemaakte kalf geoffer.

6:14 Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die aangesig van die HERE; en Dawid was omgord met 'n linneskouerkleed.

6:15 So het Dawid en die hele huis van Israel dan die ark van die HERE met gejuig en basuingeklank opgehaal.

6:16 Toe die ark van die HERE die stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van die HERE; en sy het hom in haar hart verag.

6:17 Nadat hulle dan die ark van die HERE ingebring en dit op sy plek neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het Dawid brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van die HERE.

6:18 Toe Dawid gereed was met die brandoffer en dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE van die leŽrskare geseŽn

6:19 en aan die hele volk, die hele menigte van Israel, manne sowel as vroue, aan elkeen een broodkoek en een stuk vleis en een rosynekoek uitgedeel. Daarop het die hele volk elkeen na sy huis gegaan.

6:20 Toe Dawid terugkom om sy huisgesin te seŽn, het Migal, die dogter van Saul, Dawid tegemoetgegaan en gesÍ: Hoe het die koning van Israel homself vandag geŽer, dat hy homself vandag voor die oŽ van die slavinne van sy dienaars ontbloot het soos een van die ligsinnige mense hom somaar ontbloot!

6:21 Maar Dawid sÍ vir Migal: Voor die aangesig van die HERE wat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan te stel oor die volk van die HERE, oor Israel--ja, voor die aangesig van die HERE sal ek vrolik wees!

6:22 En ek sal my nog geringer ag as dit--ek sal nederig wees in my eie oŽ en met die slavinne van wie jy gepraat het, met hulle sal ek myself eer.

6:23 En Migal, die dogter van Saul, het tot die dag van haar dood geen kind gehad nie.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International