Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

2 Samuel 1

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24]

1:1 En nŠ die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,

1:2 kom daar op die derde dag 'n man uit die leŽr, van Saul af, met geskeurde klere en grond op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die grond en buig hom neer.

1:3 En Dawid sÍ vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leŽr van Israel.

1:4 Verder sÍ Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jůnatan is dood.

1:5 En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jůnatan dood is?

1:6 Daarop sÍ die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbůa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;

1:7 en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesÍ: Hier is ek.

1:8 Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is 'n Amalekiet.

1:9 Daarop sÍ hy vir my: Kom staan tog by my en maak my van kant, omdat 'n duiseling my bevang het; want my lewe is nog heeltemal in my.

1:10 En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy nŠ sy val nie sou leef nie; en ek het die kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my heer gebring.

1:11 Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was.

1:12 En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jůnatan en oor die volk van die HERE en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.

1:13 Verder sÍ Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n vreemde man, 'n Amalekiet.

1:14 En Dawid sÍ vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van die HERE om te bring nie?

1:15 Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sÍ: Kom nader, val op hom aan! En diť het hom neergeslaan, dat hy gesterf het.

1:16 En Dawid het vir hom gesÍ: Jou bloed is op jou hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy sÍ: Ek het die gesalfde van die HERE gedood.

1:17 Toe het Dawid hierdie klaaglied aangehef oor Saul en oor sy seun Jůnatan,

1:18 en hy het beveel om die kinders van Juda die Booglied te leer; kyk, dit is geskrywe in die Boek van die Opregte.

1:19 Die sieraad, o Israel--op jou hoogtes lÍ dit verslaan. Hoe het die helde geval!

1:20 Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die strate van Askelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verheug, die dogters van die onbesnedenes nie jubel nie!

1:21 Berge van Gilbůa, mag op julle geen dou en geen reŽn en geen velde van offergawes wees nie! Want daar is die skild van die helde weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie gesalf is.

1:22 Sonder die bloed van die gesneuweldes, sonder die vet van die helde het die boog van Jůnatan nie agteruitgewyk en die swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie.

1:23 Saul en Jůnatan, die bemindes en lieflikes, is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie. Vinniger as arende was hulle, sterker as leeus.

1:24 Dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad.

1:25 Hoe het die helde geval diep in die geveg! Jůnatan lÍ verslaan op jou hoogtes.

1:26 Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jůnatan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.

1:27 Hoe het die helde geval en die oorlogswapens verlore gegaan!

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International