Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Rigters 1

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21]

1:1 En nŠ die dood van Josua het die kinders van Israel die HERE geraadpleeg en gesÍ: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanašniete om teen hulle te veg?

1:2 En die HERE het gesÍ: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.

1:3 Toe sÍ Juda aan sy broer SŪmeon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanašniete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En SŪmeon het saam met hom getrek;

1:4 en toe Juda optrek, het die HERE die Kanašniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tien duisend man van hulle by Besek verslaan het.

1:5 En hulle het Adůni-Besek aangetref in Besek en teen hom geveg, en die Kanašniete en Feresiete verslaan.

1:6 En toe Adůni-Besek wegvlug, het hulle hom agternagejaag en hom gevang en sy duime en sy groottone afgekap.

1:7 Daarop sÍ Adůni-Besek: Sewentig konings met afgekapte duime en groottone het onder my tafel krummels opgetel: soos ek gedoen het, so het God my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring, en daar het hy gesterwe.

1:8 En die kinders van Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek.

1:9 En daarna het die kinders van Juda afgetrek om te veg teen die Kanašniete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die Laeveld gewoon het.

1:10 Juda het dan teen die Kanašniete uitgetrek, die inwoners van Hebron--maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba en hulle het Sesai en AhŪman en Talmai verslaan.

1:11 En daarvandaan het hy uitgetrek teen die inwoners van Debir--maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.

1:12 En Kaleb het gesÍ: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.

1:13 Daarop het OtniŽl, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.

1:14 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sÍ Kaleb vir haar: Wat wil jy hÍ?

1:15 En sy sÍ vir hom: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee Kaleb haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.

1:16 En die kinders van die Keniet, die swaer van Moses, het saam met die kinders van Juda opgetrek uit die Palmstad na die woestyn van Juda wat in die suide van Arad lÍ; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon.

1:17 En Juda het saam met sy broer SŪmeon getrek, en hulle het die Kanašniete verslaan wat in Sefat gewoon het en dit met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma.

1:18 En Juda het Gasa met sy grondgebied en Askelon met sy grondgebied en Ekron met sy grondgebied ingeneem.

1:19 En die HERE was met Juda, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het.

1:20 En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moses gespreek het; en hy het die drie seuns van Enak daaruit verdrywe.

1:21 En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe.

1:22 En die huis van Josef, hulle het ook opgetrek na Bet-el, en die HERE was met hulle.

1:23 En toe die huis van Josef Bet-el laat bespied--maar die naam van die stad was tevore Lus--

1:24 sien die spioene 'n man uit die stad uitkom, en hulle sÍ vir hom: Wys ons tog 'n plek om in die stad in te kom, dan sal ons jou 'n guns bewys.

1:25 Hy wys hulle toe 'n plek om in die stad in te kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die man en sy hele geslag het hulle laat gaan.

1:26 En die man het weggetrek na die land van die Hetiete, en hy het 'n stad gebou en dit Lus genoem; dit is sy naam tot vandag toe.

1:27 En Manasse het Bet-Sean met sy onderhorige plekke en TŠšnag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van JŪbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van MegŪddo met sy onderhorige plekke nie verdrywe nie; en die Kanašniete het verkies om in hierdie land te bly woon.

1:28 Maar toe Israel sterk word, het hy die Kanašniete dienspligtig gemaak; hy het hulle egter nie heeltemal verdrywe nie.

1:29 En Efraim het die Kanašniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanašniete in sy midde in Geser bly woon het.

1:30 Sťbulon het die inwoners van Kitron en die inwoners van NŠhalol nie verdrywe nie; sodat die Kanašniete in sy midde bly woon het; maar hulle het dienspligtig geword.

1:31 Aser het die inwoners van Akko en die inwoners van Sidon en Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob nie verdrywe nie;

1:32 sodat die Aseriete bly woon het onder die Kanašniete, die bevolking van die land, want hulle het hulle nie verdrywe nie.

1:33 NŠftali het die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die Kanašniete, die bevolking van die land; maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat het aan hulle dienspligtig geword.

1:34 En die Amoriete het die kinders van Dan die gebergte in gedruk, want hulle het hul nie toegelaat om na die laagte af te kom nie;

1:35 sodat die Amoriete verkies het om te bly woon in Har-Heres, in Ajalon en in SŠšlbim; maar die hand van die huis van Josef was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het.

1:36 En die grens van die Amoriete was van Skerpioen-nek, van die rots af, en verder op.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International