Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Deuternomium 33

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34]

33:1 En dit is die seŽn waarmee Moses, die man van God, die kinders van Israel geseŽn het voor sy dood.

33:2 En hy het gesÍ: Die HERE het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van SeÔr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tien duisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.

33:3 Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges--hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake.

33:4 Moses het ons die wet beveel, 'n besitting vir die vergadering van Jakob.

33:5 En Hy het Koning geword in Jesķrun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van Israel almal saam.

33:6 Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy manne 'n aantal wees.

33:7 En dŪt vir Juda, en hy het gesÍ: Hoor, HERE, die stem van Juda, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U vir hom 'n hulp teenoor sy teŽstanders.

33:8 En van Levi het hy gesÍ: U Tummim en u Urim is vir die man, u gunsgenoot, u wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van Mťriba;

33:9 wat van sy vader en sy moeder gesÍ het: Ek sien hom nie, en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het u woord bewaar en u verbond gehou.

33:10 Hulle sal Jakob u verordeninge leer en Israel u wet; hulle sal reukwerk voor U neerlÍ en 'n voloffer op u altaar.

33:11 SeŽn, HERE, sy krag, en laat die werk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.

33:12 Van Benjamin het hy gesÍ: Die beminde van die HERE--hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.

33:13 En van Josef het hy gesÍ: GeseŽnd deur die HERE is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wÍreldvloed wat onder lÍ,

33:14 en met die kostelikste voortbrengsels van die son en met die kostelikste gewasse van die mane

33:15 en met die vernaamste voortbrengsel van die berge van die voortyd en met die kostelikste gawe van die ewige heuwels

33:16 en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid, en die welbehae van Hom wat in die doringbos gewoon het--laat dit kom op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die vors onder sy broers.

33:17 Sy eersgebore stier--heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. En dit is die tien duisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse!

33:18 En van Sťbulon het hy gesÍ: Verheug jou, Sťbulon, oor jou togte, en Issaskar, oor jou tente.

33:19 Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers van geregtigheid offer; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand.

33:20 En van Gad het hy gesÍ: GeseŽnd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lÍ soos 'n leeuin en verskeur die arm, ja, die hoofskedel.

33:21 En hy het vir hom 'n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van 'n veldheer bewaar; en hy het gekom na die hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van die HERE uitgevoer en sy verordeninge met Israel.

33:22 En van Dan het hy gesÍ: Dan is 'n jong leeu wat uit Basan uitspring.

33:23 En van NŠftali het hy gesÍ: NŠftali, versadig van geluk en vol van die seŽn van die HERE--neem jy see en suidland in besit!

33:24 En van Aser het hy gesÍ: GeseŽnd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek.

33:25 Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae.

33:26 Niemand is daar soos God, o Jesķrun, wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.

33:27 Die ewige God is 'n woning, en onder--ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesÍ: Verdelg!

33:28 So het Israel dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in 'n land van koring en mos; ja, sy hemel laat dou afdrup.

33:29 Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International