Home Christian Library Power Bible CD Bible Downloads Online Bibles Sermons Advertise
Bible Study Tools Christian Videos Christian Music Audio Bibles Audio Books Bible Studies
Green Tea Herbal Tea Instant Tea Organic Tea Sugar Free Tea Instant Diet Tea
Tea Wholesale eBay Tea Store Green Tea Health Book

Dream Guide | Dreams | Nightmares | Interpreting Dreams | Meaning of Dreams | Dream Science | Dreaming FAQs
Online Dream Dictionary  |  Dream Analysis  |  Dream Symbols  |  How To Interpret  |  Books  |  Psychic Development
Free Dream Dictionary  |  Meaning of Dream Numbers  |  Meaning of Dream Colors  |  Dream Psychology  |  eBooks
Psychic Phone Advisor  |  iPod's  |  Tea Deals


Tell a Friend
Bible Search Tools | Spiritual Dream Meanings | Christian Dream Interpretations | Tea Leaf Reading


Main Afrikaans Index

 

Genesis 49

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50]

49:1 Daarna het Jakob sy seuns geroep en gesÍ: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar.

49:2 Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader!

49:3 Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!

49:4 Opbruising soos van waters--jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontheilig. Hy het my bed beklim.

49:5 SŪmeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld.

49:6 Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink.

49:7 Vervloek is hulle toorn, want dit is heftig; en hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle verstrooi in Israel.

49:8 Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.

49:9 Juda is 'n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lÍ soos 'n leeu en soos 'n leeuin; wie sal hom opjaag?

49:10 Die septer sal van Juda nie wyk nie, nůg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.

49:11 Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.

49:12 Hy is donkerder van oŽ as wyn en witter van tande as melk.

49:13 Sťbulon sal woon by die strand van die see; en hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe.

49:14 Issaskar is 'n sterkgebeende esel wat tussen die veekrale lÍ.

49:15 Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.

49:16 Dan sal aan sy volk reg verskaf net soos enigeen van die stamme van Israel.

49:17 Laat Dan 'n slang wees op die weg, 'n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.

49:18 Op u verlossing wag ek, HERE!

49:19 Gad--'n bende sal hom aanval, maar hy sal hulle aan die hakskeen gryp.

49:20 Aser, sy spys is vet, en hy lewer koninklike lekkernye.

49:21 NŠftali is soos 'n wildsbok so vry, hy wat mooi woorde laat hoor.

49:22 Josef is 'n jong vrugteboom, 'n jong vrugteboom by 'n fontein; sy takke klim oor die muur.

49:23 Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry,

49:24 maar sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van Jakob--daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is,

49:25 van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seŽn met seŽninge van die hemel daarbo, met seŽninge van die watervloed wat daaronder lÍ, met seŽninge van borste en moederskoot.

49:26 Die seŽninge wat jou vader ontvang het, oortref die seŽninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers.

49:27 Benjamin is 'n wolf wat verskeur; in die mŰre eet hy sy prooi, en in die aand deel hy buit uit.

49:28 Hķlle almal is die twaalf stamme van Israel; en dit is wat hulle vader aan hulle gesÍ het, en hy het hulle geseŽn; hy het hulle geseŽn, elkeen volgens sy besondere seŽn.

49:29 Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesÍ: Ek word versamel by my volk. Begrawe my by my vaders in die spelonk wat op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is;

49:30 in die spelonk wat op die stuk grond van Magpťla is, wat oos van Mamre lÍ, in die land Kanašn; die stuk grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het.

49:31 Daar het hulle Abraham begrawe en Sara, sy vrou; daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea begrawe--

49:32 die stuk grond en die spelonk wat daarin is, wat gekoop is van die seuns van Het.

49:33 Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee het, trek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit; en hy is by sy volksgenote versamel.

 

  Dream Interpretation Help  |  Nostradamus  |  Dreams-Sigmund Freud  |  Dreams-Carl Jung  |  Dreams-James Stout  |  Dream Meanings

 Prophecy  |  Online Bibles  |  How to Pray  |  Spiritual Poems  |  Free Psychic Phone Reading  |  Dream Interpretation Books 
  Recommend This Page   |   Bookmark This Page   |   Make Us Your Homepage  

If You Like Our Website, Feel Free To Link To Any Page.

Home | Free Dream Interpretation | Online Dream Dictionary | Free Meanings of Dreams
Free Audio Bible | Online Bible Study | Green Tea Powder
Reading Tea Leaves | Advertise | News | Contact Us


Spirit Community & SpiritCommunity.com ô

Disclaimers
Site Edited by August H. Wald, Ph.D.

Web Hosting by WebKor International